So jy is geen kenner van blommerangskik nie, maar soek ietsie ouliks vir 'n ontbyt tafel.....
Jy het dalk nie 'n groot blompot nie, maar soek iets wat 'n "statement" sal maak.........
Hier is 'n idee:
Neem 6 glase en maak hulle saam vas met rafia of 'n mooi lint. (Jy kan hul in 'n driehoek vorm pak.) Jy kan dan die blommetjies net losweg in die glase indruk en dit sal reeds 'n pragtige vertoning maak. Of jy nou veldblommetjies gebruik vir 'n informele prentjie of rose en gipskruid vir iets romanties vir valentynsdag, dit sal werk. Selfs 'n groepering van slegs 3 glase bymekaar sal reeds baie mooi lyk.
Wenk: Moenie glase weggooi wat 'n fyn krakie in het nie, hulle is ideaal vir bogenoemde plan. Leë koeldrankbotteltjies of konfytflesse kan ook hiervoor gebruik word.