Gegeurde “croutons” in ‘n vars mengelslaai, is heerlik, maar somtyds kan die winkelpryse nogal skrikwekkend wees of die winkel is dood eenvoudig net te ver. Wel hier is ‘n maklike manier om jou eie te maak by die huis:
Sny dag oue brood in klein blokkies. Geur die blokkies volgens jou smaak (bv. olyfolie, sout, peper, knoffel, roosmaryn) en meng dit goed deur sodat die brood nie sopnat is van die olyfolie nie.
Sprei dit in ‘n enkel laag op ‘n bakplaat en plaas in die oond teen 200 grade vir ± 20 min. (Dit hang af van hoe “hard” jy die blokkies wil droog.)
Toets gereeld tot hulle vir jou reg lyk en mooi goudbruin van kleur is.