Kyk net hoe mooi kan twee dromme lyk nadat hulle bietjie verf gekry het. Mooi plantjies bo vir die “hare” deel en daar het jy twee pragtige tuin-mensies.
Bietjie raad as julle dalk hierdie een in jul tuine wil probeer:
Maak die onderkant van die drom vol met ou leë plastiek koeldrankbottels en vul dit verder op met blare en ander tuin afval. Dit maak die grootste deel van die drom dan vol en hoef jy net die boonste kwart te vul met goeie grond vir die blommetjies. (Dit spaar jou heelwat geld en grond.)
Die sambrieel is opsioneel. Jy kan dit dalk net inspan wanneer jy kuiergaste kry, of waar jou dromme in ‘n redelik beskutte area staan.