As jy baie graag skoenlappers na jou tuin wil lok, kan ons dalk help met ‘n idee.
Om ‘n sonnige plekkie in jou tuin te soek en plante te plant wat skoenlappers lok is nie altyd vir ons almal beskore nie, want somtyds het mens in ‘n woonstel of baie klein tuintjie wat reeds oorvol is. So hoekom nie ‘n vensterbank of tuinpot vol plant met vrolike blommetjies wat ook sommer die skoenlappes sal lok nie.
Volson is baie belangrik om skoenlappers te lok. Hulle benodig warmte. Kleur en geur is ook baie belangrik vir skoenlappers en daarom moet jy blommetjies plant wat sterk geur het en kleure soos rooi, oranje, pienk en pers asook wit, wat hulle sal aantrek na jou tuin.
Hier is ‘n oulike kombinasie van blommetjies wat jy dalk in jou vensterbank, stoep potte of tuin kan gebruik:
1) Malvas (Pelargoniums en Geraniums) – Helder rooi
2) Daisy blommetjies – Wit of verskeie kleure
3) Afrikanertjies – Oranje kleure
4) Lavendar - Pers
5) Echinacea – Pienk
6) Salie (Salvia) – Helder rooi of pers
Loop bietjie in jou kwekery rond en soek vir al die helder kleurige blommetjies wat lekker ruik en gebruik die kleur kombinasies soos hier bo genoem waarvan skoenlappers hou.........en natuurlik waarvan jy hou.