Tuesday, 17 January 2012

Korrelkonfyt / Druiwekonfyt

3 kg Druiwekorrels  (Dit maak nie saak as daar pitte in is nie.  Dis volgens jou smaak.)
2 kg witsuiker
1 klein suurlemoen

Was die druiwekorrels af en plaas in 'n groot pot op die stoof.
Strooi  die suiker bo-oor.
Sit stoofplaat op baie lae hitte totdat die suiker heeltemal gesmelt het.
Kook daarna op hoër hitte vir ongeveer ‘n halfuur.
Voeg die suurlemoen se sap by die konfyt en roer goed deur voor jy in gesteriliseerde flesse skep.

Toets:
Sit voor jy begin om die konfyt te kook, ‘n piering in die yskas om lekker koud te word.
Dan wanneer jy dink die konfyt het goed deurgekook, skep jy ‘n klein bietjie van die konfyt op die yskoue piering en laat dit so afkoel.
Toets deur die konfyt van die piering te skep met ‘n teelepel en kyk of die stroop dik genoeg is.  Dit moenie soos dun waterstroop wees nie, maar effens dikkerig.