Almarie de Jager se resep
(12 ruim porsies)
Hierdie gereg vries baie goed, en is eers lekker na ‘n dag of 2 in die koelkas.
2 gaar hoenders- ontbeen en in stukke gesny
½ pak Groen lintnoedels
2 gekapte uie
350g knopies sampioene gekerf
2 gekapte groenrissies
2 geskilde gekapte tamaties
250g gerasperde kaas
250g streepspek gesnipper
2pk Room van hoendersop aangemaak met 3-4kp hoenderaftreksel
2 huisies knoffel gekap
Sout, peper, kruie en mostert na smaak
Metode:
Kook noedels gaar in kookwater. Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies. Roer aangemaakte sop by en kook goed deur. Geur na smaak. Meng die vloeistof met die vleis en noedels. Gooi in plat gesmeerde oondskottel en strooi kaas bo-oor. Bak by 180°C vir 45min. Bedien saam met slaai en lekker vars broodjies.