Maak hierdie oulike naamplaatjies vir jou tuin uit weggooi goed:
Dis gemaak van ou draad klerehangers en die dekseltjies van blikkies - dinge wat gewoonlik in die drom beland. Mooi afgerond met 'n kristalletjie of kraletjie en dit lyk sommer vrolik vir enige kruietuin of selfs blommetuin.