Tuesday 3 January 2012

Kolwyntjie panne vir die lessenaar


Net voor jy daardie ou kolwyntjie pannetjies uitgooi, dink aan hierdie oulike idee. 
Spuitverf die pannetjies oor sodat dit weer mooi lyk.  Sit dan weggooi drinkglasies in elke bakkie en gebruik dit as skryfbehoefte houer vir die kinderkamer of studeer area en/ of selfs vir die naaldwerk area.
Om te help dat die glashouertjies nie maklik omval nie, kan jy prestik onder die glasies sit.