Tuesday 3 January 2012

Mint

As die mint in jou tuin besig is om lang bene te kry en nie meer mooi lyk nie, is dit nou die regte tyd om hulle 'n somer-snoei te gee en sommer ook die blaartjies te gebruik.

Knip die boonste punte van die lang mint takkies af en die plantjies sal weer mooi uitloop aan die onderkant met nuwe blaartjies wat die bossie weer mooi sal laat vertoon.

Preserveer dan die blaartjies deur hulle te vries in ysblokkies en te gebruik wanneer jy lemonade of somer drankies bedien.