Hier is ‘n handige plant wat ter selfde tyd ‘n pragtige struik is vir enige tuin. Ek het al in gastehuis tuine geloop waar hierdie struik ‘n skouspel maak tussen ander struike wat ek nie kan oorvertel nie, so dis beslis iets om oor na te dink, veral as jy soek na iets wat mooi kontras sal gee. Hierdie plant kom natuurlik voor in die Wes-Kaap (Jonkershoek en Sederberge), Oos-Kaap en ook in KZN en hou van volson.
Dis ‘n vinnig groeiende struik van so ± 1m x 1m, maar moet elke nou en dan gesnoei word om hom mooi in toom te hou. Die blaartjies is ‘n ligte grysgroen kleur met baie fyn haartjies daarop en lyk pragtig wanneer dit gekombineer word met ander donker loof / blaar- struike in die tuin. As Kooigoed en Wilde Als se blare saam gebrand word, maak dit ‘n goeie insekweerder vir vlieë en miskiete. (Dalk ‘n oulike idee by die volgende braaivleisvuurtjie.) Dis ook ‘n welkome plant vir jou kruietuin.
Die volgende inligting is op die internet verkry rakende sy medisinale gebruik:
Uses and cultural aspects
Ailments such as coughs, colds and infections are treated with this popular medicinal plant. The leaves are used by Rastafarians to make an infusion to treat asthma, chest problems and high blood pressure. The smoke of the burning leaves is inhaled as a pain reliever. The leaves are also widely used on wounds to prevent infection. The Khoikhoi used the leaves and flowers as bedding; campers still do the same today. (plantsafrica)