Friday 13 January 2012

Heerlike ryp Tamatie Chutney

Heerlike Tamatie Chutney
1.4 kg ryp tamaties
675 g kook appels
450 g uie
1 eetlepel sout
855 ml asyn
2 teelepels gemaalde gemmer
2 teelepels “cayenne” peper (of na smaak)
1 teelepel “mix spice”
3 of 4 huisies knoffel (na smaak)
170 g sagte bruin suiker

Skil die tamaties, ui en appels en sny in blokkies.
Plaas in pan met die sout en helfte van die asyn en kook tot sag.
Gooi ander speserye by en gooi die res van die asyn ook by.
Bring tot by kookpunt en bring dan hitte bietjie of en laat dit stadig prut tot lekker dik.  Roer gereeld.
Gooi in potjies en sit ‘n naampie op jou potjies.