Tuesday 10 January 2012

Groentelasagne
























Genoeg vir: 6 porsies
Baktyd: 45 minute

•2 botterskorsies, geskil, ontpit, in blokkies gesny
•olyfolie
•15 ml varsgekapte roosmaryn
•30 ml varsgekapte salie
•sout en varsgemaalde swartpeper
•8 Roma-tamaties, gehalveer
•bruinsuiker
•500 g lasagnevelle

KAASLAAG
•500 g ricottakaas, gekrummel
•2 eiergele, geklits
•500 ml gerasperde mozzarellakaas
•200 ml gerasperde parmesaankaas

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n lasagnebak met botter.

2 Sprei die botterskorsieblokkies op die een helfte van ’n groot bakplaat uit en sprinkle die olyfolie oor. Geur met roosmaryn, salie en sout en swartpeper. Plaas die tamaties op die ander helfte van die plaat, gesnyde kante na bo. Sprinkel olyfolie oor en geur met sout, swartpeper en bruinsuiker. Sit die plaat in die oond en oondrooster totdat die botterskorsieblokkies begin bruin word op die puntjies en die tamaties gaar en sag is. Druk die botterskorsie fyner met ’n vurk. Druk ook die tamaties fyner met ’n vurk of verpulp dit met ’n staafmenger.

3 Berei die kaaslaag Meng die ricottakaas, eiergele en driekwart van die mozzarellaen parmesaankaas.

4 Skep ’n lagie van die tamaties op die bodem van die voorbereide oondbak. Bedek met ’n laag lasagnevelle. Rangskik die helfte van die botterskorsie daarop. Skep die helfte van die kaasmengsel bo-op die botterskorsie. Herhaal met ’n laag lasagne, tamaties, botterskorsie en kaasmengsel. Eindig met ’n lag lasagnevelle, skep die res van die tamaties oor en sprinkel die orige mozzarella- en parmesaankaas oor. Bak die lasagne tot goudbruin en deurwarm.