Tuesday 10 January 2012

ANDERSE PAP EN WORS

Jeanette v d Berg se resep

600g boerewors 625ml water
200ml gerasperde Cheddarkaas 25ml rissie-en-knoffelsous

250ml mieliemeel sout en peper na smaak

410g tamatie-en-uiesmoor



Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende middel. Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar. Verwyder en hou eenkant. Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik. Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n bietjie kaas by. Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraalvorm, bo-op. Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous. Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank. Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor. Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die orige sous