Friday 13 January 2012

Gestolde room Wortelslaai (3 verskillende resepte)


















Carola De Jager se foto van haar Gestolde room Wortelslaai

Dit is gerasperde Wortels en dan het ek +- 500 ml room met 1 suurlemoen se sap saam gemeeng en Dill sout en peper daar by gegooi na smaak en het tot Gelatiene daar aangemaag soos hulle op die Pakkie se maak 2x aan gemaak afgekoel en by die sous gegooi en alles met die wortles gemeeg en sit dit in vorem in en laat stol in yskas. Ek het die slelfte met die Komkomerslaai gemaak ek het net nog Bazil nute daar by gesit as jy wil

Jenny Nel  se Gestolde Wortelslaai
Bestanddele
2 Pakkies Lemoen jellie
2 k Fyn gerasperde Wortel
1 Blik fyn pynappels – gedrein
250 g Maaskaas

Metode
Meng alle bestanddele behalwe jellie. Maak jellie aan met 2 koppies kookwater.
Meng die ander bestanddele by die jellie en laat stol in vorm. Keer vorm om en bedien
 
Riette Herholdt Vd Westhuizen - Hier's myne :1 medium blik 'crushed' pynappelstukke 4 koppies gerasperde wortels
1 pakkie pynappeljellie 15ml gelatien (aangemaak met 15ml lou water)
halwe teelepel sout kwart koppie suiker
2 teelepels suurlemoensap 1 blik nestle room, geklop

Gooi sap van pynappelstukke af, genoeg vir 1 koppie. Voeg 2 koppies water by pynappelsap en laat kook. Haal af van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout, gelatien en suiker by. Laat afkoel tot dikte van wit van 'n eier. Rasper 4 koppies wortels by. Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel. Voeg geklopte room by. Gooi in vorm en laat stol.