Friday 13 January 2012

EEN SKOTTEL ONBYT

Karen Neethling Vd Merwe se resep

Gebruik groterige pan. Verhit blikke tamatie & ui smoor daarin, voeg by cheese grillers in porsies gesny of die klein worsies, laat lekker warm word. Maak 'n holte met lepel en breek eiers in die holtes. Sit deksel op en laat eiers gaar word soos jy daarvan hou. Jy kan by die smoor kruie ens. bygooi waarvan jy jou.

Ietsie anders wat ons van hou: Mezze platters vir lunch - klein pita broodjies of koekies, hummus, dips wat julle geniet, koue vleise, kaas in blokkies gesny, baba tamaties, seldery stokkies ens.

Die is nou nie 'n wow visgereg nie, maar Jamie Oliver maak dit en dis lekker. Bak/braai visvingers, sit op 'n bun met tamatiesous, vinnige iets te ete.

Koop scone mix of muffin mix, maklik en vinnig om aan mekaar te slaan.

Smeer steak met bovril, drizzle olyfolie en balsamic asyn oor en braai, te heerlik.

Vars pere, bloukaas & rocket blare vir slaai.

Rocket, avo en toasted sunflower seeds met balsamic dressing vir slaai.