Friday 13 January 2012

SPAGETTI SLAAI

Lettie Swarts se resep


Dit kan tot 2 dae voor die tyd gemaak word en in lugdigte houer in yskas bewaar word. Trouens die smaak verbeter na 'n dag. Kan as maaltyd of slaai bedien word:

Kook 1 pak spaghetti in gesoute water met 2 eetlepels kookolie net tot sag gaar -NIE PAP NIE.Dreineer
oortollige water af. Rasper 4 groot geelwortels fyn en 2 groot fyn gekapte uie in.(Opsioneel 1 rooi en 1 groen soetrissies gekap) Meng 3 gelyk teelepels mosterd poeier in half koppie asyn en half koppie kookolie, meng dit in by die spagetti.Dan 1 koppie Mayonnaise en laaste 1 blik Versoete Kondensmelk. (( As dit na 'n dag of meer droog lyk kan nog bietjie mayonnaise deur geroer word.. Hierdie slaai vries ook baie goed en kan gevries word vir 'n maand- ontdooi by kamer temperatuur))