Monday 16 January 2012

Die Allerlekkerste Rosynebrood:


1 Pakkie Bruismeel
1x250 G Pitlose Rosyne
1 Houertjie Karringmelk
2 Eetl. Suiker
2 Gelyk Teelepels Bakpoeier
Knippie Sout
Stel Oond Op 180ºc. Sif Droë Bestanddele Saam, Meng Suiker Saam, Gooi
Rosyne By En Voeg Die Karringmelk By. Ek Skud Altyd Die Kartonnetjie
Agterna Met 'N Bietjie Melk Uit. Meng Deeglik Met Houtlepel. Skep Uit In
Gesmeerde Broodpannetjie En Bak Vir Een Uur. Keer Uit En Laat Afkoel.
Hierdie Broodjie Is 'N Wenner. Soos Met Alle Kitsbrode, Is Dit Op Sy
Lekkerste Op Die Eerste Dag.