Bunny chow is 'n eg Suid-Afrikaanse dis. Basies is dit kerrie wat in brood bedien word.
Sny 'n brood in vier en hol die kwarte uit.
1 ui
1 knoffelhuisie, in papierdun skywe gesny
5 ml komyn
5 ml borrie
10 ml kerrie
1 blikkie gekapte tamaties
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 blikkie gebakte bone
10 ml olyfolie
sout en varsgemaalde peper
1 groen rissie, fyn opgesny
Braai die ui en knoffel in die olie tot glaserig. Roer die soetrissie, rissie, komyn, borrie en kerrie by en braai vir nog een minuut. Gooi die tamaties en bone by en prut vir 15 minute oor lae hitte. Toets vir sout en peper.
Die tradisionele drankie saam met Bunny chow is Cream Soda.
(resep bedien 4)