Thursday 8 December 2011

Tuinmaak met min water en grond

As jy dalk moet tuinmaak in ‘n area waar water skaars is of waar meer plaveisel as tuinmaak grond is, is hierdie ‘n oulike idee:

Hierdie tuintjie is ideaal ook vir mense wat nie kans sien vir ‘n groot tuin nie.  Jy kan gerieflik jou tuin met ‘n gieter namaak.  Die hele area kan sement of plaveisel wees en jy versier dit verder met potte.  Sommige potte kan jy struike in plant en ander kan jy hou vir blomme wat jy verander volgens die seisoen.  Onthou om een of twee groot potte aan te skaf en ‘n boom of twee daarin te plant.  Dalk ‘n suurlemoen boompie, lourierboom of ‘n olyfboom.  Dis regtig die moeite werd en die eindproduk lyk pragtig.