Wednesday 7 December 2011

Kersfees idee vir klein kindertjies

Behou die wonder van Kersfees vir die kinders. Laat hulle nog toe om te droom en te glo in drome en wonderwerke en moontlikhede van wat kan wees....
As jou kinders of kleinkinders nog klein is, laat hul 'n briefie vir Vader Kersfees stuur.  As hul nognie kan skryf nie, kan hul net 'n prentjie teken (maak nie saak hoe dit lyk nie, Vader Kersfees sal dit verstaan).  Sit dan die briefie in die huis posbus en die "Noordpool Poskabouters" sal dit dan kom haal in die nag.
Die opwinding om dan te wag vir oukersaand of kersdag wanneer Vader Kersfees kom is groot pret vir die kleingoed.
Sit oukersaand 'n bordjie met koekies en 'n glas melk uit vir vader kersfees en sy rendiere. Die vreugde op die gesiggies wanneer die koekies opgeeet is en die melk halfpad gedrink is, is 'priceless'........dis meer werd as al die geld in die wereld.
Maak dan spesiaal tyd om by die kersboom die kersverhaal vir die kinders te lees, sodat hulle kan weet al die geskenkies herinner ons aan die grootste geskenk ooit.  Liewe Jesus se geboorte.
Glo saam met hulle in 'n sprokie en beleef kersfees deur die oë van 'n kind........dis 'n wonderlike ervaring om met hulle te deel........