Thursday 8 December 2011

Kerstyd geskenke vir Wagter en Kietekat

Moenie hierdie kersfees vir Wagter of Kietekat vergeet nie.  Hier is ‘n paar oulike idees van geskenke vir troeteldiere:

1)      Nuwe halsbandjie met ‘n naamplaatjie
2)      Nuwe kosbakkie en/of waterbakkie
3)      ‘n Blik/boksie koekies  (Jy kan ook self bak – resep op ons blog)
4)      ‘n Kombersie met sy/haar naam daarop uitgewerk
5)      ‘n Speelding
6)      En laastens maar beslis nie die minste nie:  TONNE liefde en aandag van sy mense mamma en pappa.

As jy kerstyd weggaan, maak seker daar is iemand wat jy kan vertrou en wat mooi na jou troeteldiere sal kyk.  Hulle is baie kosbaar.