Thursday 1 December 2011

Stokrose - 'n Gunsteling deur baie jare

Stokrose (Hollyhock / Alcea Rosea is nou vol in die blom in tuine.

Onthou net om ‘n sonnige hoekie in die tuin te kies wat beskut is teen wind. 
Jy kry soorte wat tot 2 meter hoog word en dan ook ‘n laer een van so 1.5 meter. 
Kombineer die twee saam en jy kry ‘n skouspel. 
Kyk uit vir “Summer carnival” (saadjies kan gesaai word lente tot herfs).  Meerjarig.