Thursday 1 December 2011

Plantjies wat verdwyn? - Slakke

Daar is niks erger as 'n klomp slakke wat alles opeet in jou groentetuin nie.
Soggens wanneer jy tuin nat spuit, loer onder die blaartjies van plante of selfs onder teen randstene waar plante oorhang om hierdie klein "wegkruipertjies" te vang.
Strooi slakpille reg rondom jou groentetuin, of maak droë eierdoppe fyn en strooi dit rondom jou plante.

Ander raad wat ons van vriende ontvang het:
Sit 'n piering vol bier uit vir hulle, gooi 'n lagie sout rondom jou tuintjie en natuurlik een waarvan ons baie hou - kry eendjies vir jou tuin as jy kan.