Thursday 15 December 2011

Staankalender













Marlize het op Pasella gewys hoe om 'n staankalender vir jou lessenaar te maak. Gebruik 'n ou CD-houer as staander en druk 'n eenvoudige maand-vir-maand kalender van die internet af uit. Kry dan veelkleurige plakboekpapier as agtergrond, plak die maande in volgorde en plaas in die houer. Oorspronklik, so eenvoudig en boonop baie handig vir die persoon wat dit onder die Kersboom kry.