Saturday, 31 December 2011

Heuning patats

Resep vir Heuning Patats:

5-6 patats, geskil en in dik skywe gesny
sout
1 kaneelstokkie
30 ml (2 e) heuning
15 ml (1 e) botter of margarien
15 ml (1 e) vlapoeier
Bedek patats net met water en voeg sout en kaneelstokkie by. Kook tot net sag. Voeg heuning by en kook deur. Voeg botter of margarien by. Verdik sous met vla, aangemaak met 'n bietjie van die patatsous. Prut 'n paar minute.