Wednesday 7 December 2011

Snoek oor die kole - resep Michael Coetzee

Michael Coetzee het vir ons hierdie heerlike resep gestuur vir Snoek:
  1. Neem "heavy foil" en vorm 'n 'bak' groot genoeg vir die porsie snoek wat gaargemaak moet word.
  2. Neem 'n halwe ui en halwe greenpepper en snipper.
  3. Gooi dit in die foil bak en stip met botter.
  4. Geur met sout en vars swartpeper.
  5. Sit die snoek met velkant na onder bo-op die gekapte uie en greenpepper.
  6. Neem die ander helfte van die ui en greenpepper en snipper saam met vars sampioene.
  7. Strooi dit oor snoek en geur met sout, vars swartpeper en hoenderspeserye.
  8. Stip weereens met botter.
  9. Gooi vars room bo oor en braai stadig oor kole.
  10. Vyf minute voordat die snoek afgehaal word, rasper 'n bietjie cheddarkaas bo-oor en bedien warm.