Thursday 8 December 2011

Rubarberpoeding

Anne Snyman het haar resep vir ons gestuur:
a) Spuit 'n poedingbak (30 x 30 cm) met Spray & Cook.
b) Ek sny my rubarberstingels op in stukkies en voeg genoeg suiker (na smaak) by sodat dit nie suur is nie. Voeg klein bietjie water by en kook vir 10-15 min.

c) Gooi die sous af in 'n kastrol en vul dit aan met water en suiker tot 2 koppies stroop en kook dit vir 2 min. (Hou dit warm.)
d) Gooi die rubarber in die poedingbak, maak dit gelyk en laat dit daarin afkoel. d) Maak 'n beslag aan van 'n gewone vanillakoek, gooi dit oor die rubarber en bak tot gaar en bruinerig bo-op (ongeveer 35-40 minute by 180 grade).
e) Wanneer die poeding uit die oond kom, gooi die warm stroop oor. f) Eet dit saam met room of vla. Heerlik.