Thursday 15 December 2011

Potplanthouer











Vanaand op Pasella het Willie hierdie oulike geskenk gemaak: Hy omtower 'n ou blikkie in 'n hangende potplanthouer. Al wat jy nodig het is 'n ou blikkie en 'n ou broodbord. Monteer die blikkie op die bord, heg 'n stewige tou daaraan vir die ophangslag en sit enige potplant van jou keuse in die blikkie. Onthou net die dreineringsgate aan die onderkant van die blikkie!