Wednesday 14 December 2011

Pof Deeg vir Melktert

Annette Schutte se resep:
 
Hier is die een wat so lekker dik oppof
Skilferkors:
Bestanddele:
1 pond Meelblom 1 pond Botter
2 eetlepels Suurlemoensap
½ pint vloeistof bestaande uit – 1 geel van eier en Water
Metode:
Sif die meelblom, voeg sout by. Druk al die water uit die botter en deel in drie. Neem nou ‘n klein stukkie van een deel af en vrywe dit in die meelblom, maak nou aan met die ½ pint vloeistof en knie deeg baie goed. Die deeg moet geknie word totdat dit soos ‘n stuk rek is. Strooi nou meelblom op ‘n plank en rol die deeg baie dun uit. Neem nou een deel botter en sit dit in klein stukkies op die deeg, strooi effens meelblom oor en vou deeg toe en drie. Laat lê deeg nou ‘n rukkie. Neem nou die tweede deel botter en herhaal die proses en dan weer die derde deel botter ook op dieselfde manier. Rol nou die deeg uit en voer die nodige tertborde daarmee uit en bak blind