Tuesday 13 December 2011

Grenadella-roomysstokkie
























(12 stokkies)

• pulp van 10 grenadellas
• 200 g (250 ml) suiker
• 500 ml water
• sap en skil van 2 suurlemoene

Sit al die bestanddele in 'n mediumgroot pot. Bring tot kookpunt en laat stadig prut vir 5 minute. Laat afkoel. Gooi mengsel in voedselverwerker en verwerk vir 2 minute.

Gooi deur 'n sif om van pitte ontslae te raak. Skep een eetlepel pitte terug in die mengsel en gooi res weg. Gooi mengsel in vorms en vries. Keer uit vorms en sit voor.

Wenk:

Maak self vorms: Plak kleeflint oor die middel van die opening van 'n papierbeker. Maak 'n gaatjie in die middel van kleeflint. Druk roomysstokkies deur en gooi mengsel in. Vries oornag.