Wednesday 14 December 2011

GEROOSTERDE MURGBENE





















Bestanddele

Murgbene. Vra jou slagter om kalf-murgbene in lengtes van ongeveer 8 cm te saag.
Handvol pietersielie (gekap)
Salotte of uie baie fyn gekerf
Handvol kappertjiesaad
Suurlemoensap
Olyfolie
Growwe sout

Metode

Rooster die murgbene in die oond vir ongeveer 30 minute by 200 grade. Murgbene is gewoonlik gaar as die murg so effens van die been begin wegtrek. Maak ʼn mengsel van pietersielie, salotte en kappertjiesaad. Maak ʼn slaaisous van die suurlemoensap, olyfolie en growwe sout en gooi dit oor pietersielie-mengsel.

Krap die murg uit op ’n stuk roosterbrood, gooi die pietersielie-mengsel bo-oor en geniet dit. ʼn Posjeerde eier bo-op die hele gedoente smaak net hemels.