Monday 12 December 2011

HEERLIKE SLAAI:



1 klein slaaikop goed afgewas
4-6 ekstra groot eiers
100ml dun room
30-50ml suiker
15 ml wit druiwe asyn
sout
peper

Sny die slaaikop in dun repe. Rangskik onder in ‘n diep slaaibak. Kook die eiers hard, dop af en kap dit fyn op. Sprinkel oor die slaaiblare. Meng die room, suiker en asyn. Geur na smaak met sout en peper. Giet die slaaisous net voor opdiening oor ander word die blare pap.
Lewer 4 porsies.