Monday 12 December 2011

GESTOLDE BEETSLAAI:



3 bete
80g braamjelliepoeier
25ml asyn
sout en peper na smaak
slaaiblare en mayonnaise vir garnering

Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit sag is. Dreineer dit, maar behou 375ml van die water waarin die beet gekook is. Los die jelliepoeier in die warm beetwater op en hou dit eenkant. Voeg die asyn, sout en peper by en verkoel dit totdat dit begin stol. Vryf intussen die beetskille af en rasper die beet. Roer die beet by die jellie wanneer dit begin stol en gooi die mengsel in 'n nat vorm. Verkoel dit totdat dit gestol het. Ontvorm dit op slaaiblare en garneer dit mayonnaise.