Monday 12 December 2011

RYSSLAAI:



500ml rou rys
2 groen soetrissies, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 uie, in ringe gesny
olie
50ml matige kerriepoeier
500ml mayonnaise
60ml blatjang
820g perskeskywe, gedreineer

Kook die rys in soutwater tot sag. Dreineer goed en laat afkoel. Soteer die soetrissie, knoffel en uie in die olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog sowat 1 minuut lank. Voeg die mayonnaise en blatjang by en meng goed. Meng die kerriemengsel, perskeskywe en rys saam en skep in ?n groot slaaibak. Verkoel tot voor opdiening.