Tuesday 13 December 2011

MALVALEKKERS





















Probeer dié delikate tuisgemaakte malvalekkers in drie heerlike geure: ment, aarbei en karamel.

Maak: 12-15 malvalekkers
Bereidingstyd: 30 minute

•37 ml gelatien
•425 g (500 ml) suiker
•1 groot eierwit
•3 ml ment-, aarbei- of karamelgeursel pienk of groen koskleursel
•versiersuiker en mielieblom om oor te strooi
1 Gooi 60 ml koue water in ‘n groot mengbak. Strooi die gelatien oor en laat dit vir drie minute week. Voeg 180 ml kookwater by en roer dit totdat die gelatien opgelos het.

2 Voeg die suiker, eierwit en ‘n knippie sout by. Klop dit vir omtrent 15 minute totdat die mengsel baie styf is en die vorm behou.

3 Gooi die kosgeursel van jou keuse by. Voeg dan ‘n paar druppels koskleursel op ‘n slag by en meng dit goed deur die mengsel.

4 Sif ‘n bietjie versiersuiker en mielieblom op die boom van ‘n oondpan (20 x 25 cm). Gooi die malvalekkermengsel in die pan en werk dan vinnig om dit uit te sprei en die bokant glad te smeer. Sif versiersuiker en mielieblom bo-oor sodat die oppervlak heeltemal bedek is, en laat dit oornag stol.

5 Gebruik ‘n metaalkoekiedrukker wat in versiersuiker gedruk is om vorms uit die malvalekker te druk. Strooi versiersuiker en mielieblom oor die lekkers se kante. Bêre dit in ‘n lugdigte houer totdat jy dit verpak.

(Idees Tydskrif)