Wednesday 14 December 2011

Kaaskoek


(Corne van Zyl)

1 x 250gr geroomde maaskaas teen kamertemperatuur
1 blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap
5 ml vanilla
tennis beskuitjies
botter of margarien

Meng maaskaas, kondensmelk en suurlemoensap. Klits goed en voeg vanilla by. Gooi oor kors en sit eenkant. Maak die volgende bolaag wat ook dien as versiering

Bolaag:
1 blikkie vrugte soos manderynskyfies, of blueberries.
12,5 ml vlapoeier (1 eetlepel)
25gr suiker

Meng vlapoeier en suiker en maak ‘n pasta met klein bietjie water. Dreineer die stroop van die vrugte en verhit op die stoof. anneer dit kookpunt bereik, voeg die vla mengsel by en laat verdik. Gooi oor die koek/tert en plaas in yskas.

Ek het op "In en om die huis vergeet om te sê om die kors te maak met die beskuitjies en margarien maar ek glo die mense sal darem weet.