Wednesday, 14 December 2011

GEBAKTE MURGPAMPOEN


Lettie Swarts se resep
 

1 Middelslag Murgpampoen (omtrent 3kg)
125ml.water
2ml sout
400ml melk
250ml suiker
3 eiers
50 ml maizena
10 ml bakpoeier
kaneel na smaak

Sny pampoen in 3cm blokkies en stoom-kook in 125 ml water omtrent 5 minute
Net tot half gaar. Die blokkies moet nog styf wees

Smeer oondskottel dik met botter of margarien en skep pampoen daar in

Klits melk, eiers en suiker goed saam en voeg maizena en bakpoeier by . Meng goed.

Giet mengsel oor die pampoen en strooi fyn kaneel oor .. Bak omtrent 30 minute in matige oond tot die eiermengsel gestol is. (6 tot 8 porsies)

Warm of koud ewe lekker, selfs kinders wat nie van pampoen hou nie geniet dit saam met roomys of dun vla vir nagereg