Wednesday, 14 December 2011

FRIKKADELLE MET KERRIE PIESANGSOUS


 Lettie Swarts se resep

Maak frikkadelle soos jy dit normaalweg maak.
Rol in bietjie meel en pak in vuurvaste glasbak

Maak sous:

1 kop asyn
3 kop water
1 eetl borrie
½ eetl Kerrie
4 eetl suiker
3 eetl appelkooskonfyt
2 hoogvol eetl meel
8 piesangs
4 matige uie
Sout & peper
1½ eetl margarine

Braai uie in margarine
Meng asyn, water, meel, Kerrie, borrie, konfyt en suiker
Gebruik van vloeistof om droë bestanddele te meng en kook saam
Druk piesangs fyn, plaas in sous en kook stadig tot mengsel bietjie dik word
Gooi oor frikkadelle en bak teen 180º vir 1 uur Bedien met rys.

Dit is altyd lekker om iets anders te doen en die gewone disse op te kikker