Wednesday 14 December 2011

Braaibolletjies

Lorinda Maritz se resep
 
Bestanddele:
1 pakkie vetkoekdeeg
1 bakkie room
Bruinsuiker
Kaas
Botter
Koekmeel
Instruksies:
Smeer bak uit met bietjie margarien, strooi klein bietjie meel in bak.

Strooi bruinsuiker lekker dik onder in die bak.
Maak vetkoekdeeg in klein bolletjies en plaas bo-op bruinsuiker.
Gooi room bo-oor.
Opsioneel: Gooi gerasperde kaas bo-oor die bolletjies
Bak in oond by 120 grade tot bolletjies gaar en kaas lekker gebak is bo. Kan ook in swartpot gaargemaak word
Baie lekker saam met braaivleis.