Maak: 1 x 24 cm-ringkoek
Baktyd: 5-7 minute
60 ml melk
25 ml kitskoffiekorrels
200 ml (200 g) sagte botter
Baktyd: 5-7 minute
60 ml melk
25 ml kitskoffiekorrels
200 ml (200 g) sagte botter
200 ml (175 g) strooisuiker
3 groot eiers, liggies geklop
300 ml (165 g) bruismeel
25 ml kakaopoeier
VERSIERSEL
300 ml (160 g) gesifte versiersuiker
wit Dipped Flake-sjokolade, vir versiering
1 Verhit die melk en los die kitskoffiekorrels daarin op. Klop 175 ml (175 g) van die botter saam met die strooisuiker tot lig. Voeg die eier bietjies-bietjies op 'n slag by en klop goed ná elke byvoeging. Vou die meel en kakaopoeier om die beurt by die melk in.
2 Skep die beslag in 'n gesmeerde ringvormige silikoon- of mikrogolfbakpan. Mikrogolf dit vir vyf tot sewe minute op hoog tot die koek terugspring as jy daaraan raak. (Dit raak nog fermer ná dit uit die mikrogolfoond kom.)
3 Haal die koek uit die oond uit en sit dit vir vyf minute eenkant om af te koel voor jy dit uit die pan keer.
4 Meng die res van die botter met die versiersuiker. Voeg genoeg kookwater by om 'n gladde, smeerbare mengsel te vorm en skep dan die versiersel bo-op die koek. Versier met gekrummelde wit Dipped Flake-sjokolade. Vul die holte van die koek met sjokolade paaseiers

(Resep van ons ou blad op fb)