Tuesday, 1 November 2011

Geurige platbrode

Geurige platbrode - Genoeg vir 6

600g witbroodmeel (plus ekstra om te knie)
10ml droë kitsgis
350ml warm water

...sonneblomolie
1 eier, liggies geklits

VULSEL
1 ui, grofgekap
100ml gekapte Italiaanse pietersielie
90ml sagte botter
10ml paprika
5ml fyn komyn
1 Roer die meel en 10ml sout in 'n bak saam. Gooi die kitsgis by en meng dan die warm water by. Gooi nog 'n bietjie water by, indien nodig. (Die deeg moet effens klewerig wees.) Knie die mengsel vlugtig op 'n werkoppervlak wat liggies met meel bestrooi is - sif nog meel oor soos benodig. Sit die deeg terug in die die bak, bedek dit met 'n omgekeerde bord en laat dit vir 20 minute rus.
2 Vulsel Gooi al die bestanddele vir die vulsel in 'n voedselverwerker en pols dit tot 'n growwe pasta.
3 Verf jou werkoppervlak en hande met sonneblomolie en verdeel die deeg in 12 gelyke dele. Rol elke stuk in 'n bol. Werk met een deegbol op 'n slag en rol en druk dit uit tot 'n baie dun sirkel. As die deeg wil terugspring, laat dit vir 'n paar oomblikke rus en probeer dan weer. Smeer die vulsel oor die deeg, maar los die rand oop. Vorm 'n tweede deegbol in 'n sirkel wat presies so groot is. Verf die rand van die eerste sirkel met eier en sit die tweede sirkel bo-op. Druk die rande vas op mekaar sodat dit seël. Herhaal dit met die res van die deeg.
4 Verhit 'n swaarboompan oor matige hitte. Smeer dit liggies met olie. Braai die brode vir twee tot drie minute aan 'n kant tot dit goudbruin is. Sit dit warm voor saam met olyfolie, taramasalata, houmous en ander meze.

(Resep van ons ou blad op fb)