Wednesday 30 November 2011

Ouma se moppies (Outydse soetkoekies)


RSG RESEPTE

Bestanddele
7 koppies meel
3 koppies suiker
4 eiers
340g botter, sag
2½ teelepels bakpoeier
knypie sout
klein bietjie vanieljegeursel

Metode
Meng botter en suiker goed.
Klits eiers en voeg by.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. (Dit moet 'n stywe deeg vorm)
Neem 'n kwart van die deeg en maak 'n deegrol.
Sny dit in wielietjies van 8mm. (Doop mes in meel sodat dit maklik sny)
Plaas op 'n bakplaat en bak vir 9 minute teen 220 grade.
Die koekies moet ligbruin wees.