Wednesday 30 November 2011

MELKPOEDING


 (resep in die Weg)

Jy benodig

•2 eetlepels botter
•2 eiers, geklits
•6 koppies melk
•1½ koppie suiker
•1½ koppie koekmeel
•1 eetlepel bakpoeier

Só maak jy

1.Verhit die oond tot 170 ºC en smeer ’n oondvaste bak (met ’n inhoudsmaat van 2 liter) met botter (ekstra).
2.Meng die eiers, melk en suiker. Meng die meel en bakpoeier en gooi die melkmengsel daarby.
3.Gooi die beslag in die gesmeerde bak, met die klontjies botter bo-op en bak dit vir 30 minute. ons eet die poeding gewoonlik warm, maar koud is dit net so lekker – dan smaak dit amper soos ’n korslose melktert.