200 g suiker (250 ml);
250 g botter of margarien (270 ml);
4 eiers, geskei;
... 300 g koekmeelblom (625 ml);
3 ml sout;
5 ml bakpoeier;
5 ml neutmuskaat;
300 g korente (500 ml);
150 g amandels, gekap (250 ml);
150 g gemengde skil (250 ml);
150 g gebleikte sultanas (250 ml);
200 g marachino-kersies (335 ml);
40 g fyn klapper (125 ml);
melk.
* Voorverhit oond tot 160 grade C.
Room suiker en botter tot lig en romerig. Voeg eiergele by en klop
goed. Sif droë bestanddele saam. Voeg meelmengsel by geroomde
mengsel. Voeg vrugte en klapper by. Indien deeg baie styf is, voeg
bietjie melk by. Klop eierwitte met 'n knypie sout tot styf, maar
nie droog nie. Vou by koekmengsel. Skep in gesmeerde koekpan en bak
in voorverhitte oond vir 2 en 'n half tot 3 uur.