Wednesday, 2 November 2011

Kerstoneel vir jou tuin

As jy tuin dwergies het, skep 'n kerstoneeltjie wat herinner aan 'n sprokie.


Rangskik die dwergies bymekaar, plant 'n klein "Connifer" boompie in die middel en versier dit soos 'n miniatuur kersboom. Neem klein blokkies afval hout en verf dit in verskillende kleure.  Bind om elkeen 'n lint sodat dit lyk soos 'n kersgeskenkie en sit hulle onder die boompie.  Jy kan die prentjie verder afrond met enigiets uit jou verbeelding, dalk 'n klein stapeltjie hout gemaak van stokkies uit jou tuin, of 'n klein dammetjie sommer gemaak van 'n plastiekbak met dryfkersies daarby.