Wednesday, 2 November 2011

Kersfees tuin idee

November is die regte tyd om nou jou tuin reg te kry vir kersfees. 

Kyk uit vir wit en rooi blomme vir jou tuin.  Daar is reeds dalk heelwat groen in jou tuin, so 'n area waar jy bv. rooi Kannas plant, sal pragtig lyk.  Petunias is ideaal.  Daar is pragtige wit en rooi soorte op die mark en ook in November oral beskikbaar by kwekerye.  Plant hul in groepies by mekaar of soos op die foto hier bo in 'n patroon om 'n pragtige prentjie te maak vir jou kesfees tuin.

Verf die voëltjies se waterbak en die posbus en sommer enige ander artikel in jou tuin wat verf nodig het (bv. die tuin potte).  'n Nuwe lagie verf laat alles sommer vrolik en nuut lyk.

Plant 'n hangmandjie of twee vol petunias en gee die tuin genoeg water en kos.  Jy sal nie spyt wees kersfees as al jou harde werk 'n mooi kersfees tuin vorm wat almal bewonder nie.