Tuesday, 1 November 2011

Doodvreet lepelskons



Hierdie skons is ware treffers!
4 Koppies bruismeel
1 Teelepel sout

... 2 Teelepels bakpoeier
2 Groot eiers
½ Koppie olie
2 Teelepels wit suiker
1 Koppie karringmelk – soos benodig om deeg klouerig slap te maak (om te skep in muffinpanne)

Metode
Meng olie, eiers, melk tot glad. Meng droë bestanddele en suiker. Meng die mengsel by droë mengsel. Deeg moet slap wees om te skep met lepel, maar nie loperig nie. Skep ‘n groot eetlepel vol in gesmeerde kolwyntjie-pannetjies. Bak by 200’C tot goudbruin. Dis werklik heerlik!