'n Goedkoop tuin versiering.
Hang dennebolle aan lint op in jou tuin. Dis ideaal as daar 'n groot boom in jou tuin staan. Jy kan die dennebolle in verskillende kleure spuitverf of dit net so in hul natuurlike kleur hou. Hang hul op verskillende hoogtes van die boom se takke.
Smeer 'n paar van hulle met grondboontjiebotter en doop dit in voëltjiesaad. Die voëltjies sal dan saam kan kersfees hou in jou tuin.