Thursday, 10 November 2011

KERRIE EIERS


Bestanddele:
•1 hoenderekstrakblokkie
•225ml warm water
•25ml margarien


•1 ui (fyn gekap)
•25ml koekmeelblom
•12,5ml matige kerriepoeier
•225ml melk (effens verhit)
•5ml suiker
•1ml sout
•12,5ml asyn
•10ml sultanas-opsioneel
•25ml tamatiepuree
•2 lourierblare
•3 peperkorrels
•25ml blatjang
•4 hardgekookte eiers(in kwarte gesny)
•pietersielie vir garnering

Metode:
1.Los die hoenderekstrakblokkie op in die warm water en hou dit eenkant.
2.Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui daarin totdat dit ligbruin is.
3.Voeg die kerriepoeier by en meng dit tot glad.
4.Roer die melk en aftreksel wat eenkant gehou is, geleidelik by en laat dit ongeveer 5 minute lank prut totdat die sous verdik.
5.Roer dit voortdurend.
6.Roer suiker, sout, asyn, sultanas, tamatiepuree, lourierblare, peperkorrels en blatjang by en laat die sous 10 – 15 minute lank prut.
7.Roer dit voortdurend.
8.Voeg die eierkwarte versigtig by en laat dit nog 4 minute lank prut.