Friday 25 November 2011

Hou die wind weg van die kerse


As jy dalk oukersaand in jou tuin sit en kyk na die sterretjies, is hierdie so ‘n oulike idee vir die tuintafel. 

Pas twee glas houers in mekaar.  (Die buitenste een kan ‘n blompot wees en die binneste een ‘n glas.)  Neem dan growwe sout en strooi dit tussen die twee glashouers om soos sneeu te lyk.  Rond af met ‘n kersboom takkie en dalk ‘n versiering of twee en sit jou kers in die middel.  Nou kan die wind maar waai, jou kers en versierings is veilig en die kers sal hul ook nie aan die brand steek nie.
Eintlik kan jy enigiets tussen die twee glashouers in gooi.  Jy kan gekleurde water , selofaan of selfs albasters ook gebruik. 

(Foto bron onbekend)